Hoe Dit Werk

Hoe Dit Werk

 

My hoof fokus en droom is om mense in alle fasette van hul lewens te help om hul passie uit te leef en die lewe baie meer te geniet. Dit sal ook daartoe bydra dat hulle meer produktief is en beslis meer suksesvol sal wees in wat hulle ookal aanpak.

As ons emosionele intelligensie ontwikkel en versterk, is daar beslis ‘n positiewe ervaring en resultaat wat in die fisiese uitspeel. Soos jy dink en glo, so is jy. Wat jy glo en praat, sal jy beleef. My visie is om mense van hierdie beginsels te leer sodat hulle dit in hul eie lewens kan ervaar.

Moontlike uitdagings

Kitspap:

Mense verwag dat wanneer hulle een keer van hierdie wonderlike konsepte en beginsel gehoor het, alles oornag sal verander en dat hulle dadelik die resultate sal sien. Net soos alles in die lewe, sal dit tyd neem vir hierdie beginsels om deel van ‘n persoon se wese te word. Dis ‘n proses en mense moet besef dat dit tyd en oefening sal verg om die vrugte te pluk.

 

Herhaling:

Mense gaan moontlik goed hoor wat hulle reeds voorheen gehoor het en hulle mag dan voel wat dat dit duplisering en tydmors is. Inteendeel! Dis juis hoe herhalingsprogrammering in die brein werk. Vaslegging kan slegs gebeur deur middel van herhaling, en dan verdere herhaling! Dis presies soos om te leer motor bestuur. Aanvanklik moet ‘n mens hard konsentreer om alles te onthou, maar met verloop gebeur dit spontaan – soveel so dat ‘n mens glad nie eers meer aan die verskillende aspekte van motor bestuur dink wanneer jy agter die stuur inklim nie. 

 

Genesing:

Mense wil positiewe beginsels begin toepas en verwag positiewe resultate, maar ongelukkig sit hulle nog met ‘n klomp seer, haat, wrok, verwyt, ens. Hoewel hulle nie noodwendig daarvan bewus is nie, kan daar ‘n aantal negatiewe denkpatrone wees wat hulle saamdra en hulle terughou. Indien ‘n mens ernstig is oor emosionele groei en die ontsluiting van potensiaal en jou ware self, moet jy eers met jouself eerlik wees en die negatiewe denkpatrone aanspreek.
Dit is veral hier waar ek ‘n groot impak kan maak. Daar is verskeie maniere om dit aan te pak en vele opinies in die wêreld daar buite, maar wees asseblief waaksaam by wie jy vir hulp gaan aanklop. Ek het meer as 30 jaar se ervaring hiermee en kan jou help om te genees en vrede te vind.

 

Kostes:

Mense kan moontlik voel dat dit ‘n onnodige uitgawe is, maar wat hulle nie besef nie, is watter enorme impak dit op die langduur kan hê. Deur van hierdie geleentheid gebruik te maak om emosioneel te groei, sal die potensiaal wat ontsluit word ‘n positiewe uitwerking op alle gebiede teweegbring, finansieel ingesluit.

Kontak my enige tyd per epos of telefoon vir ‘n kwotasie.